Uitnodiging na ‘n jaarafsluit-wegbreeknaweek vir vroue (Vrystaat)
UITNODIGING NA ’N JAARAFSLUIT-WEGBREEKNAWEEK VIR VROUE
Dit is met opgewondenheid dat ek jou tesame met jou vriendinne, moeders, susters en kollegas nooi na my eerste Vrystaatse wegbreeknaweek. Dit word beplan vir 15 tot 17 November 2019. Kom bak in die gloed van vroue-energie en keer verfris huiswaarts. Ons gaan skaterlag en terselfdertyd slimmer raak oor die geheime van vrouesappigheid en voluit leef.
PLEK
Ons kuier by die pragtige Eingedi Retreat naby Ladybrand. Gaan kyk gerus na hul webtuiste met lieflike foto’s by http://www.eingedi.co.za. Dit is ‘n werkende 500 hektaar plaas/wildreservaat met puik geriewe. Daar is netjiese grasdak chalets en houthuise waar 63 van ons wat kamers deel stylvol kan kuier.
AKTIWITEITE
Ons het vanaf Vrydagaand tot Sondag teen vertrektyd om 12:00 vier saamkuiersessies. Sondag sluit ons af met ‘n geestelike brandstof-sessie en ‘n brunch voor die terugtog. Daar is oorgenoeg kans vir net kuier en mekaar beter leer ken. Die vriendskap met nuwe vroue is ‘n vet wins van so ‘n naweek. Daar is ook privaattyd om te rus en stil te raak. Die rustige omgewing en natuurskoon is baie goed vir die gees. Daar is oorgenoeg om te doen vir natuurliefhebbers en energiekes. ‘n Mens kan swem, gaan stap of draf en Saterdagmiddag is vrye tyd. As jy wil gaan wildkyk, kan dit gereël word. Saterdagaand kuier ons om die boma en word trakteer op ‘n heerlike braai deur die eienaars, Werner en Nolene Frenzel.
KOSTE
Die prys vir twee nagte en 5 etes: R1200 per persoon. Dit sluit baie ekstras in soos Annique-geskenkpakkies en pamperlangsessies, ‘n boek en skryfding en nog
verrassings.
‘n Deposito van R500 per persoon maak jou bespreking vas. Die res is betaalbaar voor of op 31 Augustus 2019. Dit gee ons darem tyd om daarvoor te spaar.
LET WEL Die eerste 10 wat bespreek en die volle bedrag betaal, kry R200 afslag. (Ek moet so gou as moontlik ‘n R10 000 -deposito aan Eingedi betaal om te verseker dat net ons groep die naweek daar mag kuier!)
HOE MAAK MENS?
–Bespreek by Catrina by [email protected] en meld hoeveel in jou groep is. Ons benodig ook hul e-posadresse en kontaknommers.
–Betaal dan die volle bedrag of deposito van R500 met jou naam duidelik daarby.
–Stuur die inbetalingsbewys asb per e-pos na [email protected].
Verdere besonderhede soos die padkaart, saamrymoontlikhede, die volledige program en meer inligting sal nader aan die tyd gestuur word.
Ek sien met groot opgewondenheid uit na hierdie naweek. Sien julle daar dat ons kan kuier tot die Maluti-berge antwoord gee.
Laat die sappigheid gedy!
Elsabe
082 895 9899
Gaan lees ook gerus my vorige ‘blog post’ oor vrouekampe – my roeping en vreugde.