Elsabe tree op as as pretprater by enige geleentheid waar opkikkering en pitkos benodig word.
Moontlike geleenthede:
- Geleentheidspreker by prysuitdelings, openingsgeleenthede, prestige- aande van firmas, sekretaressedae, formele dinees, jaarlikse kantoorfunksies, gemeentefunksies, spesiale verjaarsdagvieringe, Vrouedag, Moedersdag ens.
- Ma-en-dogterkuiers; Ma-en-seunkuiers; Pa-en-seunkuiers
- Personeel-opkikkering by skole, korporatiewe instansies, eiendomsagentskappe ens.
- Tienerpraatjies: graad 7-leerders tot matrikulante oor lewensvaardighede, denkkontrole, seksualiteit, persoonlike leierskap en bestuur, selfbeeld en groepsdruk.
- Studievaardighede aan studente en leerders
- Naweekkampe vir egpare, vriendinne ens.
- Kerkoptredes
Moontlike onderwerpe:
- ‘n Soplepel vol hemelse bruissout – oor humor as wapen teen die donker.
- Lag ‘n slag! – ‘n guitige en selfs stuitige kyk na die lewe en menswees
- Vonkelverhoudings: vou jy of floreer jy?
- Oudword is nie vir sissies nie.
- Pomp die primus – pretpraatjie vir pare.
- Die geheime van vrouesappigheid: hoe behou ons woema?
- Van Mara Martelgat tot Sara sonder “sights” – oorwinning oor papgeklaptheid.
- Is jy cool of common? – tieners.
- Cool ouerskap vir pa’s en ma’s.
- Van treurkoeklikheid tot triomfantelikheid
- Die vrou in al haar rolle – en dit is nou nie om die middel nie!
- Leef van binne af buitentoe.
- Van wanklank tot wenklank!
- Gesinsverhoudings Kom ons kommunikeer – egpare en gesinne
(Dit is slegs voorbeelde. Sy geniet die uitdaging van nuwe onderwerpe.)
Kontak haar by [email protected] vir besprekings.