Hierdie  A-raam-glansproduk bevat 100 bladsye met sorgvuldig gekeurde  aanhalings en waarhede uit die suksesliteratuur. Die aanbod is tweetalig (Afrikaans en Engels). Die teikengroep is onderwysers wat elke skooldag innerlike krag en motivering benodig. Hul vure moet brandend bly om hul leerders se vlammetjies te stook.  

Die kleurvolle bladsye is nie datumgebonde nie en word deur die loop van die skooljaar na willekeur omgeblaai. As dit op die tafel voor in die klas staan, kan die leerders terselfdertyd ‘n ander aanhaling aan die agterkant lees.  Die leerders word blootgestel aan wengedagtes en so kring die inspirasie wyer uit. 

Dit is die ideale geskenk vir ouers om ‘n besondere onderwyser te bedank – beter as soetgoed vir die lyf, want dit is pitkos vir die gees. 

Koste: R200 (Posgeld: R99 per Aramex. Vinnige aflewering by fisiese adres)

Klik op hierdie skakel om te bestel.

Bestellings van 10 of meer staanders: Posgeld gratis.