Geniet lag en opkikkering in jou eie huis!

Sappige Vrouedagviering

Genoeg is genoeg. Ons gaan wel Vrouedag 2020 vier – al is dit elke bobbejaanwyfie op haar eie krans. Danksy die digitale platform van Die Boer-teater kan jy my spesiale pretpraatjie wat deur ‘n puik filmspan opgeneem is in die warmte van jou eie woonplek kyk  – op ‘n tyd wat vir jou geleë is.

Die kaartjieding werk heel eenvoudig:

  • As jy nie jou kaartjie elektronies koop nie, doen dit by die Webtickets-toonbank in ‘n Pick n Pay-winkel.
  • Per internet: Gaan na www.webtickets.co.za. By die soekplekkie tik “Elsabe Aldrich” in en Van Treurkoeklikheid tot Triomfantelikheid sal verskyn. Selekteer dit en koop jou kaartjie(s) met ‘n kredietkaart.
  • As jy vir iemand anders ‘n kaartjie koop, stuur daardie e-posadres na jurg@dieboer.co.za en hy sal die skakel soontoe stuur. Jy kan dit ook self doen as jy so verkies.
  • Die skakel (link) sal op op 6 Augustus vanaf 17:00 na jou e-posadres gestuur word. Jy kan daardie aand vanaf 19:00 inskakel. Die uitsending is vir 5 dae beskikbaar tot 19:00 op 11 Augustus.
  • Jy kyk dit op enige toestel wat aan die internet gekoppel is soos jou rekenaar, tablet, selfoon ens.
  • Jy kan soveel kere kyk as wat jy wil.

Ek hoop jy word opgekikker deur die lag en luister na Sappige Wenwenke. Kom ons maak ons binnetenkies vol!

Vorige